Tuesday, October 14, 2008

...omdat jy 'n dromer is ... (18/8/90)

jou jong oë dra reeds die seer van
dit wat nog moet kom en die flikkerende
skugter-skaam van jou vinnige glimlag
laat my twyfel.

vir jou onskuld en vrees vir ek-weet-nie-wat-nou-nie
is my hart 'n leunstoel van gevoel
en verstaan en ek wens ek kon jou
weghou van die wêreld, want jy is goed -
maar wat sal die wêreld ook sonder jou wees?

uit jou alleenwees en droomwêreld straal jy my, die
ek wat ek so vrees, so liefhet, en
ek wens jy bly die jy wat so stil so
'n groot kamer in my hart betree het.

2 comments:

Stephan said...

Kanariejaar... Ek geniet jou skryfwerk. Doen nog.

Zandra said...

Wow! Dit is min dat iets 'n mens so hier teen jou keel vas gryp en dit moeilik maak om te sluk. Jy skryf ongelooflik.